BonAPPatite met die Kitchen Stories APP

Die gesegte lui: “An apple a day keeps the doctor away” en dis presies wat die app Kitchen stories, met ‘n twist, doen.

Imagine, al die nuutste resepte, met video’s, op jou foon, en al jou resepte op EEN inkopie lysie. Ja damesen here, EEN asemrowende lysie. Jy hoef nie meer met al jou Pinterest lysies rond te dwaal in die winkels nie.

Om te verseker dat hierdie alles nie net wensdenkery is nie, het ons besluit om proef gaan stel.

Hierdie volg die verhaal van:

Kitchen Stories se Classic Cheesecake.

Dit was ‘n renerige naweek toe, BLOSS besluit het om haar familie te bederf met ‘n water tand Classic Cheesecake. Hierdie vinnige yskas kaaskoek het Oreo koekies, frambose en sjokolade in, so dit moet lekker wees!

Sy spring toe in haar kar en gaan koop al die bestanddele soos op haar lysie en ‘n brood (want mens het altyd ‘n brood nodig).

Terug by die huis, spring sy weg. Sy kyk ‘n deel van die video op die APP, PAUSE en  maak dan die koekies fyn. Play die video, dan PAUSE sy dit weer en klop die room soos ‘n wafferse plaas tannie. So gaan dit aan… totdat dit tyd word vir die sjokolade om gesmelt te word.

Hierdie is so maklik! Dink sy. Volgende jaar skryf ek in vir Master chef ! Dink sy …en met dit ruik iets soos brand, en daar kom stoom uit by die mikrogolf oond… ja, sy het sopas die sjokolade gebrand! Met dit klim maar sy in haar kar, gaan koop weer sjokolade en hou dit, die keer, fyn dop.

Na al die gemengery is BLOSS uiteindelik klaar met die resep. Dit vat al haar wilskrag om te wag totdat die koek stol, maar sy hou uit tot die volgende oggend. Siedaar, voor haar eie oë, die soetste, kleurvolste kaaskoek waaruit sy nou ‘n Byte kan vat.

Hierdie is regtig die ideale app vir enige iemand. Dit is baie gebruikers vriendelik en sal sorg dat jy nooit ‘n vervelige bord kos hoef te eet nie. Jy kan dit verniet aflaai op enige Android of Apple foon. BonAPPatite!

Photo by Jeff Sheldon on Unsplash
Carla Roets
Carla Roets

EDITOR: TECHNO

Carla Roets is currently busy with her final year of articles. Not only is she almost a chartered accountant, but she also likes to write and be creative. This gadget- girl is a go-getter with a passion for life.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.