#bohemian & partytjie

Dis uiteindelik lente! En met lente kom nuwe geure en kleure en verandering is in die lug. Die Jakaranda bome blom amper en soos mens by plekke kom, kan jy voel daar is ‘n onderlangse opgewondenheid wat heers. Ek love die lente en die verandering wat dit bring.

Dit is BLOSS se eerste verjaardag. Ek kan nie glo waar die tyd heen is nie. Baie geluk aan al die BLOSSERS wat saam met ons gegroei het, gebou het en wat ‘n invloed gehad het sodat BLOSS sy eerste babatree kon gee. Soos hulle sê: It takes a village to raise a child. Maar ek glo in hierdie geval: It takes a great team to raise a generation. Maak nie saak waarheen jy oppad is of die sukses wat jy behaal nie, maak seker jy staan met jou voete plat op die grond en weet waar jy vandaan kom. Dit gesê – wil ek geluk sê aan BLOSS AFRICA MAGAZINE wat amper hier is! #ownyourthrone #queening #trailblazer

Ons het nie net BLOSS AFRICA binne ‘n jaar gelaunch nie, maar ook BLOSS Academy (www.blossacademy.co.za), ons BLOSS Brand Ambassador afdeling launch nou sy 3de been (www.blossbrandambassadors.co.za), BLOSS Youth launch die 16de Februarie met die BLOSS Matric Dress of the Year Gala event (www.blossmatricdress.co.za) en laastens launch ons ook offisieël BLOSS Entertainment binnekort. Nie te praat van ons pride en joy waaraan ons reeds begin werk het nie – die BLOSS APP. Ons is ook reeds besig om in Afrika op te gaan deur verskeie afdelings. Wanneer ek al hierdie dinge lees, is daar definitief sekere emosies wat in my opskiet! Opgewondenheid met ‘n tikkie oorweldigende-haal-asem-oomblikke. En dan lag ek weer vir myself, want ek was die een wat in my toesprake voor duisende mense al gesê het: If your dream doesn’t scare you, it isn’t big enough. Kyk nou… en ek love elke oomblik hiervan.

Ons het in hierdie eerste jaar ongelooflik gegroei met sterk netwerke regdeur Suid Afrika, Afrika en op internasionale vlak. Waar vrouens hande vat en opstaan. Maak nie saak wat jou ouderdom, ras, taal of kleur is nie, ons almal is vroue. Daarom is ons susters en susters staan op vir mekaar. Help mekaar waar ons kan. Dis ‘n platform wat in plek gesit is vir vroue om bymekaar te leer, mekaar te ondersteun, op te help en aan te moedig. Dis hier waar ons mekaar kan leer, empower en inspireer. #sisterhood

Ons het in hierdie eerste jaar ongelooflik gegroei met sterk netwerke regdeur Suid Afrika, Afrika en op internasionale vlak.

As ek een ding geleer het hierdie jaar, is dit die volgende – met die regte mense in jou lewe, om jou en saam met jou, kan jy soveel groter gaan en soveel meer bereik, as wat ek dit ooit op my eie sou kon doen. Ek wil hierdie brief opdra aan elkeen van julle wat ‘n invloed op my lewe en BLOSS se lewe gehad het, dat ons kon groei en kan wees waar ons vandag is. Ek wil uit my hart uit dankie sê, want sonder elkeen van julle kon ek dit nie gedoen het nie. Aan elke redakteur, my produksie-span, die bestuur en kenners… DANKIE en VEELS GELUK!!! #cheers op julle!

Kyk uit vir BLOSS AFRICA op die rakke vanaf Maart 2019 en gaan lees gerus meer stories op www.blossmag.co.za. Hier by BLOSS doen ons dinge anders; ons breek boundaries en ons is #trendsettters. Ons wil graag ook jou insette hê van hoe ons kan verbeter, op enige vlak! Stuur asb vir my ‘n epos na editorial@blossmag.co.za, sodat ek jou storie kan hoor.

Baie liefde met ‘n groot gejuig!!! MR 

Magdie Raats
Magdie Raats

Founder & Owner

With a honors degree in Audio-Visual Communication and 10 years’ experience in the media industry, Magdie Raats started her own female glossy in 2013. Four years later, she re-invented the wheel with a never-been-done business structure in the media and integrates print with technology through innovative and exiting ways. BLOSS - is not only a magazine, but an international media platform. With a passion for young women, beauty and the media, she also owns her own make-up brand, STATUS COSMETICS and started BUILDINGWOMEN, a foundation to empower and uplift women in the building industry.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.