BLUE LAGOON: VAN ONBEKENDHEID TOT DIE GROOTSTE REIK

Die Blue Lagoon se geskiedenis word gedefinieer deur ontdekking, uitbreiding, evolusie en groei: van onbekendheid tot die grootste reik van Ysland se toeriste attraksies. Dit bied `n anderwêreldse meer ervaring wat die siel nie net goed doen nie, maar ook die vel!

Water, dìs vir my ysland. Dis kokende water en stoom wat uit die aarde spoel en en sagkens verdwyn in die wolke wat saggies bo dryf. Dis skoon en oop, en oorweldigend mooi.

Die Blue Lagoon se skets kan net so beskryf word. Die meer spruit uit `n 800 jaar oue lava veld in die hartjie van die Reykjanes Peninsula – `n UNESCO Geopark. Terselftertyd afgeleë en maklik toeganklik, `n wêreld op sy eie; `n filosofie wat handel oor die dinamiese verhouding tussen man en natuur.

Die meer het ontstaan uit die Svartsengi krag sentrum. Mense het in die meer begin bad en die wonderlike effekte op die vel begin sien. Die Blue Lagoon is kort daarna gebou en oopgemaak vir die publiek.

Die verhouding tussen mens en natuur word gemanifesteer in die geslote ekosiklus waarvan die meer se minerale verkry word. Die gebruik van geotermiese energie beteken niks word gemors nie, en die enigste byproduk wat die omgewing kan skaad – CO2 – word in die produksie van skoon gas gebruik.

Die Silica Hotel is sowaar `n heiligdom van rus en gesond word. Die hotel bied 35 kamers, `n private meer, spa fasiliteite en `n kliniek vir psoriasis behandeling. Ek wonder of Kim Kardashian al daar ingebook het?

Sigrídur Sigthórsdóttir, die ontwerper van die Blue Lagoon fasiliteite, was geinspireer deur die wisselwerking tussen lava, lig, mos en stoom – die elemente van die Blue Lagoon se vulkaniese omgewing.

In die lava plateau van die westerse kus van die Blue Lagoon, word die Lava Restaurant gevind. Die gebou is ook ontwerp om die samesmelting van natuur en argitektuur te vertoon. Die restaurant kyk uit op pragtige uitsigte van die meer en die vulkaniese landskap. En dis hiér waar besoekers vars, Nuut Noordse disse kan proe.

Verblyf aan die hotel sal jou beursie behoorlik leeg maak. Maar jy hoef nie rusplek vir jou hoof te bespreek om toegang tot die meer te kry nie. Dit is daagliks oop vir die publiek wat in groot groepe die geotermiese seewater plesier kom geniet, asook gebruik maak van die sauna, stoomkamer, `n waterval, luukse kamers, `n kaffee, `n binne-water silica kroeg en `n groot verskeidenheid masserings bederf en terapie.

BLOSS tips wanneer jy Ysland se Blue Lagoon besoek:

  1. Gaan vroeg – Meeste toerbusse arriveer middag se kant en dan raak die meer besig.
  2. Moet nie ekstra geld uithaal om die japon / gesig masker / drankie pakket te koop nie – Jy sal nie regtig daarvan gebruik maak nie. Koop eerder die standaard ingangs kaartjie om kostes te spaar.
  3. Neem jou eie slippers en handoek(e) – Daar is ekstra kostes verbonde vir die leen van slippers en handoeke. Jy sal `n handoek nodig hê wanneer jy afdroog na jy uit die meer geklim het, en `n ander handoek wanneer jy gaan shower.
  4. Dra `n sonbril – die meer reflekteer die son se strale.
  5. Gee jouself genoeg tyd by die meer – Jy sal jou tye in die lang queues in rekening moet neem wanneer jy jou tydlyn beplan.
  6. Die silica modder maskers is verniet – Neem soveel soos wat jy op jou gesig kan plak!
  7. Bring jou eie waterbottel – jy kan dit volmaak uit die krane. Ysland se water is van die skoonste in die wêreld.
  8. Onthou om jou foon in `n waterbestande kassie te beskerm.

Interessante Feite:

  1. Die water in die meer is `n pragtige melkerige wit kleur maar reflekteer blou.
  2. Dit is nie koud by die Blue Lagoon nie. Die water is baie warm, en die stoom verhit die koue omgewing.
  3. Die water van die meer is vol minerale wat goed is vir jou vel.
  4. Die meer se water kan jou hare beskadig. Jy sal aangeraai word om jou hare voor die tyd nat te maak en conditioner op te sit om jou hare te beskerm. Daar word shampoo en conditioner in die showers verskaf. Was dit weer na die tyd – jou hare sal bietjie anders voel maar die volgende dag weer terugkeer na normaal. Jy kan dalk selfs jou hare in `n bolla uit die water hou.
Amor van de Giessen
Amor van de Giessen

EDITOR: FASHION

Amor van de Giessen has always been a storyteller. As a child, she would tell her story to anyone who would listen and this later led to her working as a journalist at Tuks' Campus and Beeld. Amor is the owner of Biamor Photography and has a great love for the visual and written arts fueled by her BA degree in journalism in 2010 at the University of Pretoria as well as a BA degree in fashion at LISOF in 2013.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.