BLOSS mammas kom kuier saam

In vandag se vinnige en besige lifestyle soek ons (die spesie wat hulle ‘Mamma’ noem) almal tog net na die maklikste, trusted en beste – of dit nou ‘n Sippy Cup is wat REGTIG nie lek nie, of ‘n boek oor swangerskap wat verstaanbaar, dun en all-in-one is…en dit my liefste #BLOSSMamma en #BLOSSMamma2B, is waar ék in jou lewe ‘n verskil gaan maak, en jý gaan my love!

Kom journey saam met my deur hierdie amazing, uitdagende en soms hartseer tye van jou lewe. Ons gaan gesels oor swangerskap, babas, kleuters en peuters, kinders en alles wat daarmee saam gaan.

Ek is Anél van den Berge, mamma van twee premmie seuntjies. Die 4-jarige Diandré (wat heeltemal té min eet) en ‘n 17 maande toddler, Nuan (wat heeltemal te veel eet). In 2011 is ek getroud met my prince Charming, Rudi. Ek is ‘n voltydse mamma en bestuur my besigheid @HalloByAnél en my liefdadigheid organisasie @UP-MediaKidz SA van my ‘kid proof home office’ af. In my jonger dae het ek onderwys geswot op die Noordwes Universiteit (B.Ed Grondslagfase) waarna ek ‘n diploma in Finansiële Bestuur by Damelin aangepak het, ‘n diploma by Foundation for Professional Development in Gesondheidbestuur en is tans besig met nagraadse kwalifikasie ook in Gesondheidsbestuur asook ‘n diploma in Grafiese Ontwerp (effe kêns; ek weet).

Chat saam, stuur jou vrae, voorstelle, kennis en idees na kids@blossmag.co.za! Ek deel graag my ‘anthem’ vir die maand!

Photo by Kelly Sikkema on Unsplash.

Anél van den Berge
Anél van den Berge

Editor: Kids

Anél van den Berg is married to the love of her life, her prince charming and together they have two beautiful boys. She is a full-time mother and entrepreneur who manages her own business @HelloByAnél. She is passionate in sharing her knowledge of motherhood with other moms and pregnant women to guide them through this precious time in their lives.

1 Comment
  1. Sien uit daarna om al jou stories te lees Anèl. Jou borrelende persoonlikheid straal deur die geskrewe woorde. Weet jy gaan sommer weer vir ons die “fun” in die minder “fun” dae van mamma wees terug sit…

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.