BLOSS hou partytjie met ‘n BANG!

Kan mens meer trots wees. Vandag is ek baie trots en bevoorreg om deel te kan wees van die BLOSS familie – trots om die Luxury Brands en Events Editor van BLOSS te wees.         Dit was die dag van 11 September 2017 toe alles in plek val. Na maande se beplanning en harde werk was die eerste uitgawe van BLOSS tydskrif, ‘n nuwe media platform, op winkel rakke beskikbaar. En was die eerste uitgawe ‘n massiewe sukses! Om hierdie pylpaal te vier het ons groot partytjie gehou.

Die official launch van BLOSS is gehou op 19 September 2017 by Industrial Coffee Works in Centurion. Maar waarom by ‘n koffiewinkel wonder jy? Die tema van die eerste BLOSS was Metamorfose, en ‘n koffiewinkel was die perfekte venue om by die tema in te pas. Eers word ‘n saadjie geplant wat dan groei dit tot in ‘n pragtige boom, vandaar word die bone gepluk, gerooster en die heerlikste koppie koffie gemaak wat oral in koffiewinkels bedien word. Maar die tema stop nie hier nie. Johan Ungerer Signature Events het Industrial Coffee Works ‘n behoorlike gedaanteverwisseling laat ondergaan om seker te maak hierdie launch partytjie is die beste ooit!! By Johan Ungerer Signature Events glo ons “It’s in the Details”.

Gaste was ontvang in ware luukse styl. ‘n Audi RS7 het gaste verwelkom aan die begin van ‘n loopplank van omtrent 50 meter. Dekor was stylvol en elegant en was met trost verskaf deur Tentworx. Welcome drinks gemaak van net die beste whiskey van Woodford Reserve en Jack Daniels het gaste afgekoel na ‘n warm dag. House of Biltong het seker gemaak gaste kon peusel aan die lekkerste biltong en droëwors ooit. Om al die honger mae te vul het Industrial Coffee Works canapés uit die boonste gestoeltes bedien, en om al die soettande gelukkig te hou het Nicole’s Macaroons en Sweetly Detailed die heerlikste macaroons en desert tafel gemaak.

‘n Baie groot dankie aan Willet Designs, my persoonlike designer, wat seker gemaak het dat ek, Magdie Raats (BLOSS se redakteur) en Zetske van Pletzen (ons eerste cover girl) ongelooflik lyk in ons unieke skeppings wat hulle spesiaal vir ons gemaak het vir die launch. Verder het Ralph Jacobs gesorg dat Magdie en Zetske die mees asemrowende juwele dra om hul uitrustings perfek af te rond.

Gaste was vermaak deur KB, Monique Steyn en Johan Anker met hul ongelooflike stemme en het seker gemaak almal hou partytie tot laat in die aand. KB, Monique en Johan – welkom by die BLOSS familie. Baie baie dankie, julle is die beste!!!!

Johan Ungerer Signature Events is die trotse event planner vir BLOSS Tydskrif.

BLOSS Groete

Johan

Krediet aan die talentvolle Elri Pollard van Because Life Photography en Nicolene Terblanche van Nicolene Terblanche Photography

Johan Ungerer
Johan Ungerer

Editor: Luxury brands & events

Johan Ungerer has been working in the luxury industry for more than 10 years and is the director of his own business, Johan Ungerer Signature Events. According to him, success is in details and he likes to beautify everything around him. His favorite saying and a motto to live by is: "Be you - nothing else will do".

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.