BLOSS help my om te B L O S S O M

Hoe leer mens solo vlieg? Is daar n boek wat iemand my kan leen? Of is die beste manier om in die diepkant in te spring en te leer swem?

Wel in my ondervinding dink ek dis beter om in te spring en te swem, maak net seker jou ouers, vriende, kollegas en familie kan dalk jou pollyotter of opblaas vlerkies wees (vir tyd en wyl). BLOSS was my vlerkies in die tyd wat ek besluit het om solo te vlieg in my loopbaan. Maart maand is #Thathairgirl gebore en dis tyd dat al haar idees blom.

My plan met haar is dat dit ′n leefstyl salon word, waar jy nie net jou hare kom doen nie, maar dat dit ′n “feel-good-happy-place” word vir elke vrou wat haar voete daar binne sit. Ons het Louise as #Thathairextentiongirl, wat extentions doen by ons, wat elkeen van haar kliente net die beste advies en nasorg gee vir hulle extentions (Strands of Love). Melissa is ons #Thatnailgirl, glo my girls, haar naels lig nie!!! Melissa is ook ons Skoonheidsterapeut, en bied facials, waxing, en eyelash extentions, om net ′n paar van haar dienste te noem. Microblading en Permanent Make up is ook beskikbaar by #Thathairgirl.

#Thathairgirl is ′n cruelty-free salon, wat beteken ons produkte  word nie op diere getoets nie en is veilig vir moedernatuur. Produkte wat ons aanhou is KEVIN MURPHY, JOICO, DAVINES EN INOAR. Ons het twee gekwalifiseerde Make Up artists, wat help met spesiale funksies of troues, en is ook ′n verskaffer van KRYOLAN Make Up en hou die volle reeks aan. wat ook cruelty-free is.

WIFI is beskikbaar vir die dames wat tussen in moet werk, en ′n lekker koppie NESPRESSO. Ek kan nie wag vir die volgende stap vir #Thathairgirl nie, sy gaan nog baie blom en sien uit om elke liewe vrou wat deur ons deure loop se lewe te verander. Ons vrouens is gemaak om mekaar te empower, en jy kan net blom waar jy geplant is, dankie BLOSS en Magdie dat julle agter my staan en in my glo.

Ons het n kompetisie die maand in BLOSS, gaan like ons page op Facebook: ThatHairGirl en Instagram: thathairgirl_salon om deel te neem.

 

To good hair days

#Thathairgirl

xoxo

 

 

 

Elri Botha
Elri Botha

Editor: Hair

Elri Botha has been living her passion for hair styling since 2005. She manages her own salon, Salon Next Door where she also specializes in beauty procedures including special event Make-up and Microblading. One of her biggest passions complementing beauty is her compassion with a big heart for animals as Elri tries to give a voice to those who cannot speak for themselves.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.