Bak ‘n ding raak saam Zetske…

Die beeldskone Zetske van Pletzen is nie net ‘n gesoute aktrise, mode ontwerper, model en mamma nie, maar sy deel ook met BLOSS hoe sy daarvan hou om ‘n gesonde leefstyl uit te leef in die kombuis.  Sy bak, brou en speel graag met gesonde resepte wat nogsteeds die woorde gesond en heerlik in die selfde mond sit.  Een van die hierdie resepte is haar Gluten Vrye Hoë Vesel Beskuit resep wat sy onlangs probeer het en graag mee spog.

 

Photo Credit: Lauren Kim Photography
Photo Credit: Lauren Kim Photography

 

Gluten Vrye Hoë Vesel Beskuit (suiwelvrye, graanvrye, lae koolhidrate)

Die resep vra gewoonlik vir xylitol, wat hierdie beskuitjies perfek maak vir enige een met bloedsuikerwanbalans (maar Zetske vervang dit met Molasses).

Xylitol is ‘n natuurlike voorkomende stof wat in die vesels van baie plante gekry kan word. Dit word gebruik om suikervrye kougom en mint te versoet. In die laaste paar jaar word dit al hoe meer bemark as ‘n suiker alternatief vir diabete – dit het minder kalorieë en verhoog nie bloedsuikervlakke nie.

Terwyl dit ‘n baie handige suikeralternatief is, is xylitol aan die einde van die dag ‘n hoogs verwerkte stof en is vir glad nie goed vir diere nie.

Bygesê, as jy ‘n lae FODMAP dieet volg, moet jy liefs xylitol vermy.

 

Meer oor die goeie goed in die lewe

Hierdie resep dien baie goed vir ‘n lekker peuselhappie so deur die dag ook. Hulle is hoog in vesel, proteïene, vitamien E, sink en goeie vette.

Die beskuit kan suiwelvry gemaak word deur klappermelk te gebruik, maar jy kan met organiese room of karringmelk vervang ook rond speel.

Hierdie peuselhappies is maklik om te maak (ideaal vir jou en die kinders om saam aan te pak), maar vereis dalk ‘n bietjie geduld. Net soos Biscotti, het hulle tyd nodig om uit te droog tot perfeksie. Maar kan ek jou sê… Hulle is die moeite werd om voor te wag!

 

Bestanddele (maak 28 beskuitjies)

  • 120g klapperolie (of organiese botter), gesmelt
  • 1 koppie vol room klappermelk
  • 4 organiese eiers
  • 1 koppie gemaalde vlas (flaxseed)
  • 1 koppie uitgedroogde klapper
  • 1 koppie amandels
  • ½ koppie pampoenpitte
  • ¼ koppie sonneblomsaad
  • ¼ koppie papawersaad (opsioneel)
  • 3 teelepels gemaalde kaneel
  • 2 teelepels aluminiumvrye bakpoeier
  • ¼ koppie xylitol of ¼ koppie Molasses
  • ‘n knippie sout

 

Hoe nou te maak?

  1. Klits die botter, klappermelk en eiers saam in ‘n groot bak. (WENK: skud die blikkie klappermelk deeglik voordat jy dit oopmaak).
  2. Voeg die oorblywende bestanddele by en meng goed.
  3. Skraap die mengsel in ‘n gesmeerde brood pan (of twee kleiner panne) en bak dit teen 180ºC (of 170ºC met ‘n waaier) vir 35-40 minute tot goudbruin en ferm (effens minder vir kleiner panne).
  4. Verwyder uit die oond. Laat dit afkoel vir 5 minute in die pan en skuif dit dan na ‘n koelrak om verder af te koel.
  5. Sodra die “brood” koel is (maar nie heeltemal koud nie), sny dit in 1cm snye asook dan weer in die helfte, die keer oor die vou. Stel die oond 50 – 70ºC.
  6. Rangskik die beskuit op ‘n bakplaat (of direk op die draadoondrak) en laat dit vir 6-7 ure of oornag droog word.
  7. Stoor dit in ‘n lugdigte houer. En voilà… ‘n gesonde en heerlike peuselhappie waarmee jy jou dag reg kan begin sonder om skuldig te voel!

 

Laat ons weet hoe die resep vir jou gewerk het en wat jy hiervan dink.

Francois Olivier
Francois Olivier

Editor: Celebrity News

Francois Olivier is Media24's acclaimed Celebrity Photographer and Designer. He is currently the owner of Olivier Productions & Vocal Coaching SA, and has worked with industry leaders like Steve Hofmeyr, Kurt Darren, Nicholis Louw, Gerhard Steyn, Karlien van Jaarsveld and many more. With his fourteen years of experience in the fashion and modeling industry the magazine and publishing world is the next stepping stone.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.