Avonture wat elke vrou moet probeer!

Avonture beteken nie altyd dat jy na ’n verafgeleë plek moet reis of Kilimanjaro hoef te klim nie. ’n Avontuur kan ook wees wanneer jy daardie pragtige klein koffiewinkel ontdek wat onder die groot akkerbome wegkruip of wanneer jy jouself op die regte plek en oomblik bevind en die perfekte foto neem wat jou asem wegslaan.

Wanneer jy ’n eksotiese plek besoek, geniet jy die dinge daar wat die inwoners as alledaags beskou. Kyk met nuwe oë na jou omgewing want somtyds mis ons die klein avonture in die lewe.

Gaan op ’n ontdekkingsreis

Besoek ’n bestemming wat jy nog altyd wou sien. Dit hoef nie ’n ander land te wees nie, dalk daardie dorpie met die oulike winkeltjies en ononderbroke uitsig oor die vallei. Gun jouself die geleentheid om ’n nuwe omgewing te ervaar en sodoende gelukkige ervarings en herinneringe te skep. Klein dorpe in Suid-Afrika wat beslis die moeite werd is om te besoek, is Clarens, Montagu, Pilgrim’s Rest, Sabie, Clanwilliam, Coffee Bay, Dullstroom, Franschhoek, Hogsback, Kakamas, Tulbach en Wilderness.

 

Wandel buite in die natuur

Besoek ’n geliefde staproete of dwaal in ’n botaniese tuin rond. Beleef die natuur opnuut tydens elke seisoen deur byvoorbeeld te kyk hoe herfsblare soos goue skoenlappers grond toe fladder. Lê onder die sterre en geniet dit om die heelal in die aand te beskou of raak velore tussen die blaaie van ’n goeie boek by ’n gesellige piekniekplek langs die oewer van ’n rivier. Vind ’n park naby jou en geniet die natuurskoon en aktiwiteite wat dit bied. ’n Tipiese voorbeeld van ’n klein park in jou omgewing is Wolwespruit MTB. Besoek Sanbi vir ’n lys van al die botaniese parke in Suid-Afrika.

 
Kry ’n stokperdjie of leer ’n nuwe vaardigheid

Maak ’n emmerskoplys van vyf tot tien dinge wat jy oor naweke wil bereik, byvoorbeeld om iets nuuts te leer soos pottebakkery, om te skilder of kitaar te speel. Om ’n stokperdjie te hê is ’n goeie manier om stres te verlig, ’n manier om nuwe mense te ontmoet en is ’n kreatiewe uitlaat. Daar is vele apps wat jy kan aflaai om jou te help om ’n vaardigheid baas te raak, byvoorbeeld artfonica, elementsofphotography en guitarworldlessons.

 

Gebruik naweke om jou wêreld opnuut te leer ken

Laat jou sintuie jou lei. Woon ’n vertoning by, neem foto’s van dinge of plekke wat jy besonders vind of besluit om die sonsondergang op verskillende plekke te beleef. Wie hou nie van die idee om ’n bestemming te ervaar wat jou geinspireerd en weer lus vir die lewe laat voel nie? Vir idees besoek die webblad SA’s Hidden Treasures.

 

Neem ’n waaghalsige sprong

Wou jy nog altyd iets doen, maar jou moed het jou begewe? Kry ’n vriend of vriendin om dit saam met jou aan te pak en doen dit nou! Kies iets dapper en ’n bietjie mal soos valskermspring of Whitewater Rafting. Andersins kry ’n aktiwiteit wat jy nog altyd wou doen soos snorkel en dansklasse. Jy kan selfs by ’n stap- of fietsrygroep aansluit… die opsies is eindeloos! Besoek Gravity Adventures vir idees.

 
Doen liefdadigheidswerk

Sluit aan by ’n liefdadigheidsorganisasie wat met jou hart praat. Kry dieper perspektief oor die lewe deur hulp aan iemand te bied en lewer ’n betekenisvolle bydrae tot hul lewe. Dit is ’n wonderlike gevoel om uit die diepte van jou hart te kan gee en ander te help. Besoek Charity SA vir ’n lys van al die liefdadigheidsorganisasies waarby jy betrokke kan raak.

Maak gebruik van die ervarings wat jou omgewing bied en omhels die lewe!

Anrike van der Walt
Anrike van der Walt

Editor: Adventure

Anrike van der Walt has the heart of an adventurer and enjoys having an active life, doing Crossfit and is often on the lookout for new adventure. She was crowned as a Mrs. South Africa finalist in 2017, is a GAPA cover model and has a wide range of experience in the media industry. She obtained her BA Honours degree in Communication and Graphic Design at the North-West University and is currently busy with her studies in personal training.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.