Amptelike lokprent vir 3 DAYS TO GO pas uitgereik!

Die lang wag is verby! Regisseur en bekroonde vervaardiger, Bianca Isaac (UmilioSwartwaterKruispad and Getroud Met Rugby), en die span agter die splinternuwe familie-komedie, 3 DAYS TO GO, het pas die rolprent se amptelike lokprent vrygestel, wat beloof om meer insae te gee oor wat van dié inspirerende drama verwag kan word.

 

Kyk dit hier:       https://youtu.be/F4V55MrY3JY

3 DAYS TO GO vertel die storie van kinders (wat nou volwassenes is) wat moet huistoe kom na hulle pa se skielike afsterwe. Saam met hulle kom daar baie bagasie in die vorm van anderhelftes, kinders en natuurlik persoonlike probleme en grille. Hulle word gedwing om die drie dae voor die begrafnis in mekaar se geselskap te oorleef in hulle ouerhuis… met verrykende gevolge, skreeusnaakse insidente, maar ook oomblikke wat jou diep sal raak.

“Kykers sal dié familiedrama vreeslik geniet en kan identifiseer met die dinamika, politiek en uitdagings wat gepaard gaan daarmee wanneer familie geforseer word om onder spanningsvolle omstandighede in mekaar se spasie te wees,” verduidelik Jailoshini Naidoo, wat een van die hoofrolle in die prent vertolk.

Buiten vir die ervare produksiespan, spog hierdie storie oor familie en genesing uit Isaac se pen, ook met ’n baie sterk rolverdeling:

Bollywood aktrise, Lillette Dubey (The Second-Best Marigold HotelBest Marigold HotelMonsoon Wedding, Kal Ho Naa Ho and Baghban), het spesiaal Suid-Afrika toe gekom om dit rol van Lakshmi Isaac, wat onverwags haar man van vyf-en-veertig-jaar verloor, te speel. Alhoewel sy vyftien jaar gelede ook in die land was vir ’n ander fliek, erken die ster dat sy dit altyd geniet om in Suid-Afrika te kuier. “Ek dink die rolprent gaan aanklank vind by gehore van alle kulture en generasies. Dit is ’n wonderlike mengsel van humor, drama en emosie, wat afspeel oor drie dae. Die draaiboek is vol en besig en bied genoeg verskeidenheid om gehore van begin to einde te bekoor,” meen sy.  

Leeanda Reddy (Isidingo, Mr. Bones 2) is te sien as die tweede oudste dogter, Janet, wat saam met haar ouers woon en probeer om nuwe liefde, ’n rebelse tiener en familiedrama te hanteer, terwyl sy haar eie hartseer en skok moet verwerk.

“Dit was ongelooflik om saam met sulke sterk akteurs en ’n bekwame filmspan te werk op 3 DAYS TO GO. Elkeen van hulle is uiters professioneel en talentvol,” verklap Reddy oor haar mede-akteurs op die fliek.

Bekende radio-, verhoog- en televisiepersoonlikheid, Jailoshini Naidoo (Aunty RumbaKeeping Up With The Kandasamys) is Melissa, die oudste kind, wat mishandel word in haar huwelik en Kajal Bagwandeen (MadibaImpunityJOZIFor Better or WorseBombay Duck) speel Amy – die baba van die gesin, wat op die punt staan om te skei en alles te verloor. Die rol van die enigste seun en dobbelslaaf, Riki, word vertolk deur Rahul Brijnath (The Indian Detective).

Nuweling, Kiara Govender, Zakeeya Patel (The Wild, Isidingo, High Rollers, End Game, 7de Laan), Pranesh Maharaj (Our Girl), Ashish Gangarpersad (Isidingo), Tumi Morake (Justice for All), asook die Top Billing-aanbieder en voormalige katalogus- en loopplankmodel, Jonathan Boynton-Lee, beïndruk ook in hulle onderskeie rolle.

“Dit was ’n eer en voorreg om deel te wees van hierdie rolprent. Om elke dag omring te wees deur sulke talent- en passievolle mense, het my herinner hoekom ek so mal is oor die vermaakbedryf en hoekom ek dit as loopbaan gekies het. Om ’n fliek te maak is ’n pragtige proses en ek weet dat kykers ’n bietjie van die betowering van hierdie spesiale storie met hulle sal saamvat,” voeg Boynton-Lee by.

Die fliek deel ’n stukkie lewenswaarheid en is van toepassing op enige kultuur en gesin. Dit gaan oor familie, die keuses wat ons maak en verlossing. Jy mag dalk net iemand wat jy ken in die storie raaksien… of dalk ook jouself.

3 DAYS TO GO is vervaardig deur FigJam Entertainment, in samewerking met die KwaZulu-Natalse Rolprentkommissie (KZNFC), die Industriële Ontwikkelingskorporasie (IDC), die Departement van Handel en Nywerheid (DTI) en die Kwazulu-Natal Departement van Ekonomiese Ontwikkeling en sal op 25 Januarie 2019 landswyd uitgereik word deur Filmfinity (Edms) Bpk.

SOSIALEMEDIASKAKELS 

Facebook: https://www.facebook.com/3daystogomovie/

Instagram: @3daystogomovie

Twitter: @3daysmovie

Hutsmerk: #3daystogomovie

Zander de Beer
Zander de Beer

Editor: Entertainment

Zander de Beer is a dynamic young actor, singer and content creator who has been prominent in the entertainment industry since 2010. He is known for his roles and appearances on platforms like MNET, SABC, Vuzu, Mzanzi and KykNet. Zander is an active YouTube flogger and his involvement in music videos and short films are broadening his environment and achievements to an intentional accreditation level.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.