ADAM het ‘n boodskap vir die jeug van Suid-Afrika

ADAM het ‘n boodskap vir die jeug van Suid-Afrika

BLOSS Entertainment deel graag!

Die gewilde musiekgroep, ADAM (Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant) se album, BEWE, is gedurende Maart 2018 vrygestel. Dié album is ’n bewysstuk van hoe baie hulle gegroei het as kunstenaars oor die afgelope klompie jare. Hulle eerste enkelsnit, Sê My (Bewe), is vroeg in 2018 al uitgereik en pryk steeds op trefferparades landswyd. Dit is ’n lekker tong-in-die-kies liedjie geïnspireer deur al Hugo se patetiese pogings om ’n meisie te kry – en veral deur sy onvermoë om ’n ordentlike meisie by ’n kuierplek te ontmoet.

Maar nou, met die uitreiking van hulle tweede enkelsnit, Kalmeer, raak die manne ernstig en het hulle ’n sterk boodskap aan die jeug van Suid-Afrika:

Ek het Kalmeer geskryf uit ’n plek van onsekerheid oor my/ons toekoms as die jeug van Suid-Afrika, asook uit ’n plek van politieke onsekerheid. Dit het my geweldig gepla en na baie diep denke het ek tot die gevolgtrekking gekom dat alles okay gaan wees. Ons gaan okay wees. Ons, as ’n nasie, was al daar (konsentrasiekampe, Anglo-Boereoorlog, Apartheid – en nog baie ander tye van politieke onstabiliteit en onsekerheid oor jou toekoms) en ons het sterker anderkant uitgekom. Ons is sterker mense as gevolg daarvan”, sê Hugo Ludik.

Die talentvolle sangeres, Elizca Coetzer (vrou van Kyle Grant), sing op hierdie liedjie saam met die manne van ADAM. Wanneer jy hulle vra oor hoekom hulle juis op Elizca besluit het, is dit asof hulle uit een mond antwoord: “Elizca is volgens ons Suid-Afrika se beste sangeres. Sy het al ’n Naledi-toekenning ontvang en het al baie hoofrolle in musiekblyspele gespeel, maar sy het net nog nooit ’n studio-album opgeneem nie.  Ons al drie voel dat sy letterlik die enigste vroulike kunstenaar in ons land is wat hierdie “justice” kon doen”.

Kalmeer is ’n liedjie van HOOP. “Ons trek nou swaar, maar ons was al daar, ons weet om dit deur te maak, die swaarkry het heel gemaak”… Trek In. Word stil. Kalmeer.

SOSIALEMEDIASKAKELS

Facebook: https://www.facebook.com/adamgroep/

Twitter: @hugoludikADAM

Instagram: @adambandsa

Web: www.adamband.co.za

FOTO KREDIET:                                                                  Keyart Services

Zander de Beer
Zander de Beer

Editor: Entertainment

Zander de Beer is a dynamic young actor, singer and content creator who has been prominent in the entertainment industry since 2010. He is known for his roles and appearances on platforms like MNET, SABC, Vuzu, Mzanzi and KykNet. Zander is an active YouTube flogger and his involvement in music videos and short films are broadening his environment and achievements to an intentional accreditation level.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.