Actress, Songstress, Chefstress… Waitress?! – Tuisgaan by Zietsies

 

Zietsies. `n Gaste huis in elke sin van die woord. En nee, hierdie is nie `n typo nie! Zietsies voel meer soos verblyf in `n vriendin se huis as `n oornag by `n gastehuis. Al het jy nou toegang tot 4-ster geriewe en bederf deur `n actress, songstress en chefstress. Kyk by Elzabé Zietsman se rushuis voel jy sommer tuis!

Ek kan nie regtig vir jou beskryf wat my verwagting was toe ek by Elzabé Zietsman se Zietsies kom aanklop het nie. Ek het die idee in my kop gehad dat ek die aktrise en kabaret sangeres al singend agter die kospotte sou aantref. Dat daardie herkenbare stem jou eerste sou sing-groet soos jy by die deur instap en musiek die vertrekke vul soos jy tussen feather boas en bekendes beweeg. Jy weet, soos dit `n verhoog- en kabaretdiva betaam.

Daar was wel feather boas in die kamers. En ons het `n geselsie aangeknoop met kuier gas Mark Hawkins, bekende ballet danser en choreograaf wat al werke vir Hong Kong Ballet en groot musikale teater produksies vir verskeie Suid Afrikaanse produksie huise opgelewer het. En ja daardie herkenbare stem wat groet, al is dit nou tussen pote op die houtvloere en blaf geselsies soos sy en haar honde kinders tuiskom na `n stap in die park.

Jy sien, van kabaretdiva`s is daar geen sprake nie. Hier word gewerk. Hier word gekook. Hier word bedien. Net die beste is goed genoeg vir haar gaste.

Zietsies het begin as restaurant in 2003, `n Jare lange droom van die sangeres wat verlief geraak het op kook in die tagtiger jare. ‘Op `n stadium het meeste restaurante kabaret-venues geword. Daar was geen aantrek kamers verskaf nie en ek moes aantrek en my makeup in die kombuise doen. So het ek die beste chefs in aksie gesien, en dis waar my liefde vir kook ontstaan het. Kos het nog altyd `n groot rol in my bestaan in die vermaaklikheids wêreld gespeel – eers as waitress en later as chef.’

In 2006 het Elzabé huis gekoop in Aukland Park en die gastehuis saam met die restaurant oopgemaak. Sy bou al 11 jaar aan die gaste huis en met hulp van haar geliefde Agnes, Anna, Angelina en Ryna word gaste bederf met goeie diens en smaaklike disse in The Glass Cage.

The Glass Cage is nie `n restaurant in die tradisionele sin nie, maar kan eerder as `n private eetsaal beskryf word aangesien die kokke slegs kook met bespreking. Die restaurant kan `n maksimum van 30 gaste bedien, maar in die week word daar vir so min soos twee gekook, terwyl naweke `n minimum van 10 gaste vereis.

Elzabé werk nie volgens `n vasgestelde spyskaart nie, en koop en kook wat vars is en beskikbaar is op die dag. Sy kook tog volgens instruksie en maak voorsiening vir allergieë, vegetariërs en enige behoeftes wat aan haar bekend gemaak word.

Dit is `n eer om Elzabé te sien kook. Daar is nie `n resepte boek in sig nie en vars produkte is uitgelê vir ons genot. Ons is gou genooi om te gaan aan sit vir ete. Ek is seker ek vra te veel vrae!

`n Vars slaai fraai versier met blommetjies uit die tuin begin ons maaltyd, waarna ons bederf word met `n geurige forel vis in limencello gebraai, bedien op `n aartappel gereg met groente. Ryna se sjokolade tert smelt in ons mond waarna `n koffie die ete afrond. Die disse is vars, lig en geurig. Speserye kom vanuit die tuin.

Besoekers kan wel tussen 3 menu opsies kies; elk sluit `n drie-gang maaltyd in en prys onderskeidelik R290, R320 en R400. Bel voor 11h00 en jy kan teen sononder smul aan `n konkoksie vanuit die cheffstress se besige kombuis.

 

Verblyf by Zietsies is regtig van top gehalte met `n tuis element.

 

Xxx

Tot volgende keer,

 

BLOSS VOYAGE

 

Kook soos Elzabé

‘n forel vis

botter

rooi en swart peper, thyme, sout

foelie

limencello

Metode:

Voorverhit die oond op 180

Sny ‘n paar blokkies botter op, plaas die vis op ‘n vel foelie en pak die botter eweredig uit in die vis se pens.

Strooi so bietjie swart peper en sout oor dit uit en gooi limencello oor

Vou die vis toe en sit nog so paar blokkies botter op die buitekant ook.

Gooi peper na smaak en sprinkel thyme oor

Draai die vis toe in die foelie en bak vir 15 minute

Haal uit en laat stoom vir 5 minute in die foelie.

Trek die vis se ruggraat uit en bedien.

 

 

Amor van de Giessen
Amor van de Giessen

EDITOR: FASHION

Amor van de Giessen has always been a storyteller. As a child, she would tell her story to anyone who would listen and this later led to her working as a journalist at Tuks' Campus and Beeld. Amor is the owner of Biamor Photography and has a great love for the visual and written arts fueled by her BA degree in journalism in 2010 at the University of Pretoria as well as a BA degree in fashion at LISOF in 2013.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.