Absolute bessie bliss

View Gallery
3 Photos
Absolute bessie bliss
Cape-Gooseberries-200g-20017323 (2)

Woolworth se gooseberries is 'n gunsteling hierdie tyd van die jaar!

Absolute bessie bliss
goji-200g

Superfoods Organic Goji Berries 200g R244,20, beskikbaar by organica.co.za

Absolute bessie bliss
nairn-s-oat-biscuits-mixed-berries1-hr

3. Nairns se Mixed Berries Oat Biscuits is ʼn heerlike peuselhappie, beskikbaar by wellnesswarehouse.co.za vanaf R55.

Kleure, geure en teksture! ʼn Absolute bederf vir alle sintuie. Nie net is bessies ʼn water-tand bederf en móét vir elke somer tafel nie, maar dit is ook propvol mikro-voedingstowwe wat vele gesondsheidsvoordele inhou. BLOSS se kenner, dieetkundige Riëtte van Rooyen vertel vir ons meer van bessies.

 

Alhoewel bessies verseker as ʼn super food kwalifiseer, word dit nie naastenby genoegsaam by ons dieet ingesluit nie. Teen hierdie tyd is daar al genoegsame studies wat daarop dui dat diegene wie se dieet ryk aan vars groente en vrugte is ʼn laer risiko vir vele leefstyl siektes het. Amerikaanse studies beweer dat drie tot vier porsies bessies per week ingeneem moet word. Gevriesde bessies is ʼn goeie plaasvervanger vir die vars vrug, veral wanneer dit buite seisoen gekoop word. Vars bessies is wel duur wat bydra tot die rede waarom dit nie gereeld gebruik word nie.

VOEDINGSWAARDE

Bessies bevat onder andere vitamienes A, C, E en foliensuur. Die minerale selenium en kalsium kom ook daarin voor en dit is ryk aan polifenole en vesel. Dit is relatief laag in kalorieë met ʼn lae tot matige glukemiese indeks. Soos enige ander vrug is vars bessies steeds die gewensde keuse bo bessiesap of gedroogte bessies. Dit bevat steeds fruktose, die suiker in vrugte, en moet dus as deel van ʼngebalanseerde dieet ingereken word.

GESONDHEIDSVOORDELE

Die anti-oksidante in bessies help om die liggaam se vry radikale op te ruim en sodoende inflammasie en veroudering te bekamp. Minder vry radikale in die liggaam verlaag die voorkoms van inflammasie en beskerm op hierdie manier die hart en hartvate teen skade. Die polifenole wat in bessies voorkom het ook ʼn beskermende effek op die hart. Sekere studies dui selfs op die rol van anti-oksidante in die bekamping van neurodegeneratiewe siektes en sekere tipes kankers.

Beide oplosbare en onoplosbare vesel kom in bessies voor. Vesel gee ʼn gevoel van versadigheid wat oormatige kalorie inhoud verhoed asook derm gesondheid bevorder. Onlangse studies bewys dat daaglikse inname van bessies in matige hoeveelhede die liggaam se HDL cholesterol, meer bekend as die liggaam se goeie cholesterol, verhoog en bloeddruk kan verlaag.

Die feit dat bessies ʼn lae tot matige glukemiese indeks het veroorsaak dat bloedglukosevlakke en sodoende die vrystelling van insulien deur die pankreas beter gereguleer word. Die vitamienes tesame met selenium versterk ook die liggaam se immuniteit wat natuurlik van hulp is veral in die wintermaande.

GEBRUIK BESSIES SÓ

Probeer om bessies meer gereeld in jou dieet in te sluit. Jy kan nie verkeerd gaan wanneer jy bloubessies of bosbessies by jou ontbytpap voeg nie. Aarbeie en bessies is ook die perfekte manier om jou somerslaai mee in te kleur. Somer is die perfekte tyd vir heerlike verfrissende smoothies.

Riëtte se bessie smoothie:

  • ½ koppie koue water
  • ½ koppie lae-vet jogurt
  • ½ koppie rooi druiwe (verwyder pitte)
  • ½ koppie bevrore aarbeie
  • ½ koppie bevrore bloubessies
  • ½ koppie bevrore frambose
  • Ys na jou smaak
  • 1 teelepel heuning – opsioneel
  • Twee eetlepels hawermout kan bygevoeg word om veselinhoud te verhoog.

Meng alles goed saam in ʼn blender en voila! Bon appetit!

Ons gunsteling produkte:

 

 

 

Christel Roets
Christel Roets

Editor: Health

Christel Roets is a clinical psychologist currently practicing in Johannesburg. According to her, life is not merely white or black, but everyone lives in a phase of 'gray'. She is passionate about motivating and inspiring people to become the best version of themselves while embracing the grayer parts of life.

No Comments Yet

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.