“It’s about you!”

Welkom by my blog waar dit alles gaan oor die details en waar ek glo “It’s about you”

Ek is trots om die Luxury Brands & Events Editor by BLOSS Magazine te wees en ek is ook die eienaar van Johan Ungerer Signature Events. Met meer as 10 jaar ondervinding in die luxury brands bedryf het ek ‘n passie vir styl, mooi goed en om asemrowende events aan mekaar te sit.

Op hierdie blog gaan ek julle vertel van al die mooi, stylvolle en luukse dinge in die lewe. Dinge wat die lewe net ekstra lekker maak. Luukse horlosies en juwele, luukse motors, luukse vakansie bestemmings en luukse funksies is maar net ‘n paar items wat ek gaan feature op my blog. Wil julle graag luxury sien deur die oë van die grootse movers en shakers in die luxury industry? Sit dan nader vir intieme gesprekke met baie invloedryke mense.

My hart en passie is events. Dit is waarom ek my eie events company begin het – om elke dag my passie te kan lewe. Johan Ungerer Signature Events specialise in korporatiewe funksies, gespesialiseerde funksies, troues en brand activations. Die klient kom altyd eerste, ons dink uit die boks en voorsien in elke behoefte en detail – “It’s About You”.

Luxury Brands en Events is iets wat my “innerglow” laat uit kom – dis wie en wat ek is.

Dit is nie meer net genoeg om ‘n duur, luukse produk te koop nie, mense wil deesdae “verloof” raak aan ‘n handelsmerk.

Ek wil hê almal moet deel wees van my Luxury Brands en Events reis en so ook deel word van die BLOSS familie. So as julle iets met my wil deel, of my wil laat weet wat jou ultimate luxury brand of event is, stuur ‘n epos na luxury@blossmag.co.za – let’s start the conversation!

Volg my op my Social Media links soos onder aangedui.

Johan Ungerer
Johan Ungerer

Editor: Luxury brands & events

Johan Ungerer has been working in the luxury industry for more than 10 years and is the director of his own business, Johan Ungerer Signature Events. According to him, success is in details and he likes to beautify everything around him. His favorite saying and a motto to live by is: "Be you - nothing else will do".

1 Comment

Leave a Reply

Your email address will not be published.

BLOSS is an international media platform for South African women who live all over the world in the age group, 20 – 35 years. We integrate print and technology through innovative and exiting ways to keep things fresh, modern and interactive.